Marko (12) het hierdie pragtige baardman of belman van ongeveer 4.5kg onlangs by Sondagsrivier gevang op sy eerste gooi van die oggend. Hy het 'n ADRENALIN 10ft Shad Master stok gebruik en as aas het hy 'n tjokka/sardine/prawn kombinasie gebruik op 'n 4/0 hoek. Die vis is op die inkomende gety gevang.

Die ADRENALIN Shad Master 10' is 'n ligte spin stokkie met 'n tip gewig van 1-3oz.

Baie geluk aan Marko met die pragtige vangs.

Marko met sy pragtige baardman van 4.5kg.

 

 

 

 


 

New Products